Metaalslang (astrologie)

辛巳

Die Metaalslang (辛巳, xīnsì) is die 18de jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die agtste Hemelstam (辛, xīn; die element Metaal en Jin) met die sesde Aardtak (巳, ), gesimboliseer deur die Slang (蛇, shé).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Metaalslangjaar het in 2001 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 24 Januarie 2001 tot 11 Februarie 2002.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search